Description
Vir liefde om oor die lang termyn en deur die stress en kommer van die lewe stand te hou, moet dit iets meer wees as net ‘n gevoel. Dit moet iets wee swat ons doen. Ons moet dit sigbaar in ons huwelik, in ons gesin, onder ons vriende en kennisse en, ja, selfs onder ons vyhande uitleef.
Dit is waaroor hierdie boek gaan. Jy sal mense net soos jy ontmoet – mense soos almal van ons – wat geleer het om die hindernisse, die suurlemoene wat die lewe uitdeel, te vat en daarvan bevredigende, emosioneel verfrissende nektar te maak. Dit is die suksesverhale wat jou sal aanspoor om harder te prober.
Gary Chapman, topverkoper-outeur van Die Vyf Tale van die Liefde, deel 40 opbouende ware verhale van doodgewone mense.
Want liefde is nie ‘m gevoel nie. Liefde is ‘n keuse, en liefde is iets wat elkeen van ons moet uitleef.